Sunday 4 September 2011

Ook een wat ek baie geniet het om te maak. Nie meer beskikbaar nie.

Enjoyed making this one.


Posted by Picasa

Saturday 13 August 2011

Untitled

Onthou julle nog diƩ een? Ek was nog op 'n stadium besig daarmee, kliek hier om te sien hoe dit gelyk het. Wel, nou is dit klaar. Ek hou van die lug en die maan. Die mates is 84cm x 59cm.

Remember this one? I was with it at one stage, click here to see how it looked like. Well, now it's finished. I love the sky and the moon. The size is 84cm x 59cm.

Posted by Picasa

Sunset

Nie meer beskikbaar nie. Soos meeste van my skilderye hou ek van tekstuur en dis wat ek ook by die twee gebruik het. Hulle sal 'n vaal muur bietjie ophelder.

Not available.  Like most of my paintings I like using texture and also applied it with these two. It will brighten up a drab walls.
Posted by Picasa

Sunday 31 July 2011

Cool!


En hier is die eindproduk. Ek is mal daaroor! Die tekstuur maak die groot verskil. Ek gaan beslis nog van hulle maak.

And here is the end product. I love it! The texture makes the difference. I will definitely make more of them.
Posted by Picasa

Proses


Nee, moenie skrik nie, ek wil net wys hoe die proses werk. Eers het ek die hele doek swart geverf en aan die onderkant seesand ingewerk saam met die verf, asook klippies en impasto paste, o ja, ook bietjie houtsaagsels. Jip, dit lyk baie erg. Toe begin ek van agter af te verf en werk my pad na voor.

No, it's not finished yet, I just want to show you how the process works. I have painted the whole canvas black and on the bottom mixed the paint with sand, stones and impasto paste, oh yes, also some wood chips. Yeah, it looks very bad. Then I start painting from the back ground and work my way to the front.
Posted by Picasa


Saturday 30 July 2011

Wat skilder ek?

Waarvan hou ek om te skilder? Meestal landskappe of seeskappe of geboue. Dit bly maar my gunsteling. My styl is meer moderne kuns. Die een hier langsaan is modern, maar ook kubisme. Dit laat my nogal aan my broer dink, so met die olietenker.

Ek dink baie na oor my skilderye, idees is vol in my kop van wat ek nog wil doen, terwyl ek ook besig is met 'n skildery, dink ek baie daaraan en natuurlik bid ek ook baie oor my skilderye, daarom die opskrif op die boonste rant van die skilderye..."In gebed gedoen".

Hierdie een se mates is 36cm x 27cm.

What do I like to paint? Mostly landscapes or seascapes or buildings. It remains my favorite. My style is more modern art. The one shown here is modern, but also cubism. It makes me think of my brother, with the oil tanker.

I think a lot about my paintings and my head is full of ideas. While I am busy with a painting I think a lot about it and of course pray about it, hence the inscription on the upper edge of the painting ... "Done in prayer".

This one's measurements are 36cm x 27cm.

Posted by Picasa
Oliepastel op papier, ongeraam. Glo my, hierin het baie werk gegaan en baie tyd. Ek hou nie so baie van oliepastelle nie. Dit neem te veel geduld en warm hande.

Oil pastels on paper, not framed. Believe me, this one was very time consuming and a lot of work. I do not like working with oil pastels. It takes to much patience and warm hands.
Posted by Picasa

Anton en Lian

Nog een in grafietpotlood. Hierdie een is van Anton en Lian wat mossels uitgehaal het by Melkbosstrand, Ou Skip.

Another one in graphite pencil. Anton en Lian were digging mussels at Melkbos Strand, Ou Skip.
Posted by Picasa

Lian


Hierdie een is van my seuntjie Lian. Dis gedoen in grafiet potlood. Ek hou daarvan om sketse lewensgetrou te probeer doen.

This one is of my son Lian. It is done in graphite pencil. I like doing sketches true to life.
Posted by Picasa

Friday 22 July 2011


Wat kos 'n skildery? What does a painting cost?

Iemand vra my die ander dag hoeveel dit my kos om 'n skildery te maak, die persoon sĆŖ toe, seker so R100 of so?  Ha ha, nie eers die doek (canvas) kos so min nie.  Ek praat nou nie van 'n klein canvas nie, maar die grote van my goed oor die algemeen.  So die canvas alleen kos ver oor die R100, dan moet ek nog verf ook koop, ek gebruik nie goedkoop verf nie, want ek wil graag hĆŖ my skilderye moet vir altyd hou en natuurlik gebruik ek baie verf, want my canvas is groot en daar is ook tekstuur op.  Dan moet ek nog my tyd ook inreken en die vernis, sodat die skildery bewaar kan bly.  Meeste van die tyd gebruik ek ook nog ekstra goed, bv die gold leave.  Gaan kyk maar wat dit kos.  


Maar ek is nog nie bekend nie en daarom kan ek nie die pryse van bekende skilders vra nie.  Natuurlik is ek nog ongemaklik ook om vir mense geld te vra vir iets wat ek so geniet, veral omdat my grootste kopers my familie is.  Maar ek moet ook nuwe voorraad koop en het baie idees in my kop wat ek nog wil verf.


Persoonlik dink ek op die oomblik is my pryse te laag, maar omdat ek dit direk aan julle verkoop, hou ek dit vir eers so.  Maar as die prys nog steeds te hoog is vir jou kom praat gerus met my, dan kyk ons of ons  'n plan maak.


Someone asked me the other day how much it cost to make a painting, the person said, possibly R100 or so? Ha ha, not even the canvas costs that little. I'm not talking about a small canvas, but the size I normally use. So the cost of the canvas alone is well over R100, then I have to buy paint, I do not use cheap paint, because I would like my paintings to last forever and of course I use a lot of paint because my canvas is big and most of the time I paint with texture. Then my time I spend on a painting and the varnish, so the painting will be preserved. Most of the time I use extra things, such as the gold leave. 


But I'm not a well known artist and therefore I can not ask high prices for my paintings. Of course I am also uncomfortable to ask money for something I love to do, especially because my biggest supporters are my family.  But I need to buy more stock and I have all these ideas in my head...

Personally, I think my prices are to low at the moment, but because I sell directly to you, I will keep it like that for the moment.  
But if the price is still too high for you please come talk to me, then we'll see if we can make a plan.

Kalmte na die storm

Nou klaar met die een, moet dit nog net vernis. Ek hou baie van die lig en dit lyk na so 'n kalm en rustige dag. Miskien hang ek dit Maandag tydelik in iemand se kantoor op. Hang nou in Parys (Frankryk) of Krakow (Pole).

I have just finished this one, but must still varnish it. I like the sky and the calm and peacefull day. Mayby I'll hang it up in someones office on Monday. Hang's in Paris (France) or Crakow (Polland).
Posted by Picasa
Hierdie is een van Lian se werke.

One of the creations Lian is working on.
Posted by Picasa

Saturday 16 July 2011

De petits Hiver une en deux


Hierdie is twee kleintjies, is te koop, afsonderlik of saam. Mates is 25cm x 25cm. Ook akriel op canvas.

For sale separately of together, 25cm x 25cm.
Posted by Picasa

Waarmee is ek besig op die oomblik?

Hierdie een se bome moet nog kleur kry en op die heining voor moet daar nog "lig" kom en op die bome. Die bome het houtsaagsels in! Tektuur! Ook in die voorgrond is daar lekker tekstuur.

I must finish the trees and the "light" on the trees and fence. The trees were done with woods havings!! Nice texture. Also texture in the foreground.
Posted by Picasa

Herfs

76cm x 91cm Met vroulike bome in die voorgrond.

Autumn with female trees in the foreground.
Posted by Picasa
Winter. Nie te koop nie. 59cm x 84 cm. Baie trots op hierdie werk en dit ook baie gewild by mense.

Winter - 59cm x 84cm, not for sale. Most people like this one.
Posted by Picasa
Powertex op canvas deur Babbet. Mates is 25.5cm x 25.5cm.

Also Powertex on canvas by Babbet. 25.5cm x 25.5cm.
Posted by Picasa

Hierdie is gedoen met Powertex op canvas. Die mates is 30cm x 24cm elkeen. Dit is geteken onder Babbet, wat werk onder SwanWyk. Klink freaky, maar die craftgoed is onder Babbet.

This is done with Powertex on canvas. The size for each one is 30cm x 24 cm.  It is sign Babbet, c/o SwanWyk Creations.
Posted by Picasa

Canola

Sjoe, die een was baie lekker om te maak. In 'n moderne styl, wat natuurlik vir my die beste pas. Mates is 55cm x 71 cm. Akriel op doek.

Acrylic on canvas, 55cm x 71cm.
Posted by Picasa

Lig

Gedoen in kubisme-styl, akriel op canvas, met gold leave. Grote is 76cm x 61 cm, nie te koop nie. Ek het die prentjie waarvan die idee gekom het al van my kinderjare. Is mal daaroor, veral omdat dit so donker lug het en groot rotse en in die middel die piepklein lugtoring.
Cubism styl, acrylic on canvas with cold leave. Not for sale.
Posted by Picasa

Thursday 30 June 2011