Friday 22 July 2011

Wat kos 'n skildery? What does a painting cost?

Iemand vra my die ander dag hoeveel dit my kos om 'n skildery te maak, die persoon sê toe, seker so R100 of so?  Ha ha, nie eers die doek (canvas) kos so min nie.  Ek praat nou nie van 'n klein canvas nie, maar die grote van my goed oor die algemeen.  So die canvas alleen kos ver oor die R100, dan moet ek nog verf ook koop, ek gebruik nie goedkoop verf nie, want ek wil graag hê my skilderye moet vir altyd hou en natuurlik gebruik ek baie verf, want my canvas is groot en daar is ook tekstuur op.  Dan moet ek nog my tyd ook inreken en die vernis, sodat die skildery bewaar kan bly.  Meeste van die tyd gebruik ek ook nog ekstra goed, bv die gold leave.  Gaan kyk maar wat dit kos.  


Maar ek is nog nie bekend nie en daarom kan ek nie die pryse van bekende skilders vra nie.  Natuurlik is ek nog ongemaklik ook om vir mense geld te vra vir iets wat ek so geniet, veral omdat my grootste kopers my familie is.  Maar ek moet ook nuwe voorraad koop en het baie idees in my kop wat ek nog wil verf.


Persoonlik dink ek op die oomblik is my pryse te laag, maar omdat ek dit direk aan julle verkoop, hou ek dit vir eers so.  Maar as die prys nog steeds te hoog is vir jou kom praat gerus met my, dan kyk ons of ons  'n plan maak.


Someone asked me the other day how much it cost to make a painting, the person said, possibly R100 or so? Ha ha, not even the canvas costs that little. I'm not talking about a small canvas, but the size I normally use. So the cost of the canvas alone is well over R100, then I have to buy paint, I do not use cheap paint, because I would like my paintings to last forever and of course I use a lot of paint because my canvas is big and most of the time I paint with texture. Then my time I spend on a painting and the varnish, so the painting will be preserved. Most of the time I use extra things, such as the gold leave. 


But I'm not a well known artist and therefore I can not ask high prices for my paintings. Of course I am also uncomfortable to ask money for something I love to do, especially because my biggest supporters are my family.  But I need to buy more stock and I have all these ideas in my head...

Personally, I think my prices are to low at the moment, but because I sell directly to you, I will keep it like that for the moment.  
But if the price is still too high for you please come talk to me, then we'll see if we can make a plan.

2 comments:

  1. Ek dink jou pryse is baie billik. Doen jy werk per opdrag ook?

    ReplyDelete
  2. Soms, maar nie graag nie. Ek sal meer vertel oor hoe en wat ek skep volgende keer. Jy sal sien bo aan my skilderye staan ook altyd iets...

    ReplyDelete